News
-
Exclusive Books X Uber Eats
Exclusive Books x Uber Eats have partnered up to deliver bestsellers to the comfort of your home. Feed your boredom, order now from your door-to-door bookstore. The...
FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.
Exclusive Books x Uber Eats have partnered up to deliver bestsellers to the comfort of your home. Feed your boredom, order now from your door-to-door bookstore. The...
We will notify you on events like Low stock, Restock, Price drop or general reminders so that you don’t miss the deal
A
I am looking to buy 2 copies of this book as it has infor
motion about our family farm.ily information
Soos ons gewoond is, stel ’n nuwe boek van Fanie Viljoen nie teleur nie. Springboekie is ’n eg Suid-Afrikaanse verhaal, kompleet met ’n tradisionele lied en diere waarmee kinders lekker kan identifiseer.
Springboekie is nie sommer enige springbok nie. Hy speel nie rugby nie en hy hou van lees, ’n regte ambassadeur vir die boekebedryf. Hy probeer sy bes om sy vriende, Oliefie, ’n klein olifantjie, Koolie die klein kameelperd en Zula, die verstrooide zebra, aan die lees te kry. Dan is daar natuurlik die gevaarlike leeu, Lemmer, wat geen respek het vir Springboekie se boekeversameling nie en ’n les geleer moet word.
Die skitterende illustrasies van Elsabé Ebersohn verdien spesiale vermelding. Dit, tesame met die kreatiewe gebruik van kleur en lettertipes, maak van Springboekie ’n absolute plesier om te lees. Dit sal beslis byval vind vir voorlees, want daar is ook volop klanke wat ’n kreatiewe voorleser lekker kan inspan om kleiner kinders te vermaak. Ouer kinders wat al selfstandig lees kan die voorleeswerk oorneem, of sommer net self geniet.
Die nege lewens van mevrou Smit is die opvolgroman van Elizabeth Wasserman se eerste roman vir volwassenes. Ons ken haar as ’n suksesvolle skrywer van jeug- en kinderverhale.
Die afloop van die verhaal het my gelaat met ’n paar vrae:
- Gaan Tomas terugkom uit Kanada?
- Gaan hy uitwerk of uitvind wat mevrou Smit se agtergrond is?
- Wat gaan word van Dirk?
- Gaan daar nog moorde gepleeg word op Aronspoort?
- Gaan mevrou Smit meer versigting omgaan met haar negende lewe?
Die berugte en onkonvensionele mevrou Smit het byna soveel name as die lewens wat sy so roekeloos opgebruik het. Mevrou Smit, Tessa Smit, Frankie, Francesca Schmidt. Dit dra natuurlik grootliks by tot die misterie wat haar omhul en wat mens stuk-stuk wys word, veral as jy nie die eerste boek gelees het nie, of jou geheue nie perfek is nie. Dit het nie te veel gelol dat ek ván die detail vergeet het nie. Dit was steeds ’n heerlike cozy mystery met genoeg kinkels om die aandag te hou, sonder bloed en derms.
Die skrywer gee met haar woordkeuse insig in die persoonlikheid van mevrou Smit, sonder dat sy dit hoef uit te spel. “Sanet het nou wel horries gekry oor mevrou Smit se jubelende kleurskema,” (p.61) en “Die enkele oop plek voor die ouetehuis is gemerk vir invalides, maar sy steur haar nie daaraan nie.” (p.134)
Terwyl Francesca Schmidt gehoop het om met ’n effens verwaarloosde voorkoms as ’n weduwee van Bellville te kom rus vind op die plattelandse dorpie, slaag sy allermins daarin. Haar geaardheid laat dit hoegenaamd nie toe om op die agtergrond te bly terwyl bendes tentakels uitsteek in Aronspoort nie.
Ek het gelees dat daar ’n derde aflewering oor mevrou Smit op pad is, wat baie goeie nuus is. Ek sal dit baie graag onder oë wil kry om my vrae te beantwoord.
Ek is dié een wat dit verloor as ’n olifant meters van ons af in die wildtuin soveel as in ons rigting kyk. Daarom geen wonder dat ek met groot agting en die nodige spanning gelees het oor Alma se interaksie met die trop, veral na die einde van die boek toe.
Lemoenbloeisels vir Alma, Bets Smith se nuutste romanza, is uniek in ’n paar opsigte. Nie alleen die olifante nie, maar dalk veral die voëls, is volwaardige karakters in hierdie storielyn. Ek was telkens verwonderd oor die skrywer se kennis oor voëlgeluide en dieregedrag, en die effektiewe wyse waarop sy hierdie voëlroepe met die storie geïntegreer het.
Die aftelling na die vrylating van die trop het geslaag om die romanse byna soos ’n spanningsverhaal te laat lees. Dit is nog iets wat die boek heel anders gemaak het as die standaard romantiese verhaal. Hoewel ’n goeie skeut van groeiende aangetrokkenheid tussen die hoofkarakters nie uitgesluit was nie en in hierdie opsig wel volgoen aan die kriteria vir romanses.
Kyk ons na die mense, wat byna tweede plek moes inneem omdat die diere so belangrik was, is daar ’n paar eienskappe waarop die storie rus, waarvan teleurstelling en wantroue baie sterk staan. Die trauma van Alma se verbrokkelde huwelik en die bedrog van haar eks was al erg, maar wanneer ’n televisieonderhoud haar verder verneder, kan mens haar agterdog heeltemal verstaan wanneer haar pad weer kruis met Beyers. Die leser word gered van totale negatiewiteit wanneer vergifnis en nuutgevonde vrede darem ook Alma se deel word. En natuurlik ontluikende liefde...